Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Koalisie daag ANC uit

Koalisie daag ANC uit
 
2009-01-22

Sieb Sieberhagen

’n MOSIE van wantroue in ampsdraers van die Drakenstein Munisipale Raad is Dinsdag ingedien deur twee partye in die opposisie-koalisie.

Hierdie mosie kan by die volgende Raadsvergadering op Donderdag 29 Januarie daartoe lei dat die ANC beheer verloor oor die Raad.

Ronald Brand, raadslid van die Vryheidsfront Plus, het die mosie ingedien met ’n versoek dat nuwe ampsdraers aangestel moet word. Die mosie is gesekondeer deur raadslid Joseph Matthee van die ACDP.

Hulle versoek die Raad om die speaker, uitvoerende burgemeester en onder-burgemeester en hoofsweep van hulle pligte te onthef.

“Tans word die Raad, na afloop van verlede jaar se tussenverkiesings, regeer deur ’n minderheidskoalisie. Ons, as deel van die meerderheidskoalisie, kan dit nie ondersteun nie en wil gevolglik nuwe ampdraers aanwys,” sê Brand.

Die Raad bestaan na die tussenverkiesings uit 26 ANC raadslede, terwyl die DA raadslede 22 het, die ID 5, die NNP 3, en die WCC 2, met Cope, die VF+ en die ACDP een elk.

Die ANC/NNP koalisie het 29 setels in die Raad van 61 lede, net soveel soos die DA in koalisie met die ID, VF+ en ACDP.

Indien Cope (1) of die WCC (2) ook hul steun aan die mosie gee, sal dit met ’n meerderheid goedgekeur kan word en sal ’n nuwe uitvoerende burgemeesterskomitee aangewys word.

Onderhandelinge duur voort en indien die mosie slaag, sal raadslede van verskeie minderheidspartye na verwagting in die burgemeesterskomitee dien.

Daar is egter verbete pogings deur ’n ANC-gesinde faksie in die WCC om die twee WCC-lede (Dawn Jacobs en Elenor Basson) te ontsetel, in ’n poging om te verhoed dat die burgemeesterskomitee uitgestem word.

Die Drakenstein Munisipaliteit het in Desember twee briewe ontvang. Die een, van Juan Swanepoel en Willem Vos, het versoek dat Jacobs en Basson uit hul poste onthef moet word, omdat hulle deur die WCC geskors is.

Dit is deur die Munisipaliteit na die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) verwys vir goedkeuring.

Intussen het hulle nog ’n brief ontvang van Norman Steyn, ook van die WCC, wat aandui dat die raadslede nie van hulle poste onthef kan word nie. Dié brief is ook na die OVK verwys.

Die OVK het die Drakenstein Munisipaliteit verwittig dat die status quo gehandhaaf moet word aangesien Norman Steyn volgens hulle dokumentasie die leier van die WCC is.

Of die WCC se twee raadslede hulle by die DA-koalisie gaan skaar, kon nie bevestig word nie.

“Daar is gesprekke aan die gang oor moontlike onderhandelinge. Ons ondersteun die WCC en niemand anders nie,” was Steyn se kommentaar.

Die Raadsvergadering word volgende Donderdagmiddag gehou. Nuwe raadslede wat hul plekke sal inneem, is Spasie Kika (Cope), Frans Kellerman (DA), Joyce Kroutz (DA), Ruth Arnolds (ID) en Gerald Witbooi (ID).

* A motion of no confidence in the current office bearers of the Drakenstein mayoral committee was submitted to the Municipality on Tuesday. The motion will be tabled at next week’s Council meeting.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za