Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Laaste kans vir matriek by kollege

Laaste kans vir matriek by kollege
 
2009-01-22


VANJAAR is die laaste jaar vir leerders om hul Nasionale Senior Sertifikaat by ’n kollege te voltooi en só hul matrieksertifikaat verwerf.

Die Onderwysdepartement gaan die Nasionale Senior Sertifikaat wat tans nog deur kolleges aangebied word finaal staak.

Die vakke wat by Boland Kollege in die eerste semester aangebied word, is Publieke Administrasie N3, Kantoorpraktyk N3 en Rekenaarpraktyk N3 en tweede semester word Sake-Afrikaans N3, Business English N3 en Kleinsake-Bestuur N3 aangebied.

Leerders wat op skool vakke in graad 12 geslaag het, het slegs nodig om vier vakke by die kollege te neem wat een taalvak en drie ander vakke insluit.

Klasse word in die aande aangebied en registrasie vind plaas op Donderdag 29 Januarie van 14:00 tot 19:00.

Die registrasiegeld van R150 plus 50% van klasgelde is betaalbaar met registrasie. Vir navrae, skakel 021-872-3323.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za