Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe dramaskool open deure

Nuwe dramaskool open deure
 
2009-01-22


DIE Anna Emm Productions Drama Academy se dramaskool vir kinders open op 2 Februarie sy deure in die Paarl. Die klasse word by die Ou Meul-teater aangebied.

Hul visie is om vir kinders selfvertroue, kommunikasie-vaardighede, lewensvaardighede en kreatiwiteit te leer deur middel van toneelspel.

Dié dramaskool is bekend vir die gewilde “Storie-vir-Storie” CD reeks, ’n kinderteater-reeks genaamd “Prinse en Prinsesse”, die “Vita Stories” reeks wat gebruik word in die berading van kinders, televisiewerk, animasie en die verskeie verhoogproduksies vir volwassenes.

Met die fokus op die vertel van stories, spits die nuwe drama-akademie hom ook daarop toe om stories te gebruik as die ruggraat van elke les. Die kinders word ook geleer om self stories te voltooi en nuwe karakters te skep.

Elke kwartaal kry die kinders geleentheid om hulle nuwe vaardighede tydens ’n “Showcase” geleentheid vir hulle ouers te wys.

Daar is groot planne om die drama-akademie uit te brei en ook klasse vir ouer kinders en volwassenes aan te bied. ’n Voorskoolse klas, ’n Graad 1-klas, ’n Graad 2-klas en ’n Graad 3-klas sal aangebied word.

“Kwaliteit is vir ons belangrik,” sę Anna Emm.

“Ons het die afgelope vyf jaar ’n goeie naam in die kindermark opgebou, en het nou ook gekwalifiseerde onderwysers en ervare akteurs aangestel as deel van die akademie.”

Lidmaatskap sluit ’n lidmaatskapkaart, 50% afslag op kinderteatervertonings, 11 volkleur portfolio-foto’s, en alle kunsmateriale in.

Klasse vind plaas Maandag- en Dinsdagmiddae by die Ou Meul-teater in die Paarl. Kontak Lorraine by 073-888-3844 of Vicky by 083-564-0056 vir meer besonderhede, of besoek www.annaemm.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za