Vroue-saamtrek
2005-07-28
DIE Hervormde Rehoboth Kerk hou hul jaarlikse vroue-saamtrek op Dinsdag 9 Augustus om 10:00 in die kerk se saal op die hoek van Simfonie- en Barthlomiaslaan in Groenheuwel, Paarl.
Verskeie vrouesprekers sal optree, onder andere suster Emelia Pedro. Hierdie is ’n moet vir vroue wat geestelik verryk wil word.
Navrae by susters Ophelia Pedro (082-788-7743), EJ Pedro (084-873-61700 of Heleen Conradie (072-273-3230).
Vrouedag in Carterville
TER viering van Nasionale Vrouedag hou die Women on the Move groep van Carterville ‘n spesiale geleentheid ter ere van die skoner geslag Dinsdag 9 Augustus van 10:00 tot 14:00 in die Colibrisaal in Carterville.
Benewens ‘n driegang-maaltyd sal daar ook inspirerende praatjies aangebied word.
Die jeugsanggroep van die Wagenmakersvallei VGK, Trumpets of God, sal ook gehoor kan word, terwyl die Spiritual Dancers van Women on the Move ook ‘n uitvoering sal gee.
Kaartjies is tot 30 Julie teen R20 beskikbaar by lede van Women on the Move, of Maria Diedericks by 864-2081.
More
News
|