Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Buurtwag het my beïndruk

Buurtwag het my beïndruk
 
2009-01-29


EK wil hiermee ’n beroep doen op Noorder-Paarl se inwoners rakende die buurtwag.

Voor hulle besluit het om die buurtwag te stop in die woongebiede was daar baie min inbrake in Noorder-Paarl, maar die afgelope tyd was daar omtrent 17 inbrake in die omgewing.

Onlangs is ’n potensiële inbreker op heterdaad betrap waar hy oor ’n dak geklouter het om te sien wat in ons agterplaas aangaan.

Hy het toe alreeds kledingstukke van my wasgoeddraad afgehaal terwyl ons as gesin in die woonkamer gesit en TV kyk het.

Stemme buite het ons laat kyk na buite en toe sien ons vir Robert Larke en sy span die inbreker vastrek.

Nog voor hy enigiets anders kon steel, was die buurtwag daar. Daarvoor sê ons baie dankie aan hulle.

Ek kan nie glo dat R25 ’n maand nie almal se sakke kon pas vir die buurtwag nie - hulle weet wat hulle doen.

Hulle het baie goeie werk gedoen en ek hoop dat hierdie verdienstelike onderneming die steun van alle inwoners van Noorder-Paarl sal geniet ter beskerming van eiendom.

Wonder maar net




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za