* Was al die polisiemanne wat op die foto van die daggavangs gepryk het, regtig by tydens die optrede? Ek glo nie.
* As daar ’n mall oopgaan is daar ’n drankwinkel in, maar ons arm mense wag al drie en meer jaar vir lisensie.
* Hoeveel mense verloor nou hul werk en dsie regering dink dit gaan crime stop. Dink weer - hoe moet ons mense nou ons families onderhou? Hulle is meer geworry oor 2010 - vat daai geld en verskaf werk.
* Dankie vir nuwe drankwet. Ek hoop polisie het wit CEX bakkie met kappie van pad getrek met werkers wat gedrink het agter in op 6 Januarie op N1.
Ek het agter gery en polisie gebel.
Hulle moet swaar straf kry.
* In my dorp is nie ’n legal drankwinkel nie, waar moet ek my drank koop? Die naaste een is 12km - sit asseblief in elke dorp ’n legal plek dan praat ek saam
* Vir ons mense word dag na dag wette gemaak soos oor drank, maar dan verbreek die mense in die stoele dit self met steel en verkragting - maak vir SAB en al die wynplase toe, dan ly almal daaronder (nie net die sjebeens nie).