Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wenke aan onderwysers steeds geldig

Wenke aan onderwysers steeds geldig
 
2009-01-29


GEDAGTIG daaraan dat talle nuwe onderwysers hulle plekke gaan inneem voor ’n klas(sie) van hul eie, behoort hulle van die volgende wenke te probeer. Dit het verskyn in Die Afrikaanse Patriot (voorloper van die Paarl Post) van Januarie 1876.

Een paar Wenke ver Jonge Onderwijsers:

1. Gaat nooit onvoorbereid skool toe nie .- Jou voorbereiding moet nie alleen verborre gebed en Bijbellesing wees nie, mar alles wat jy die kinders gaat leer moet jy eers self nagesien hê.

Bijbelgeskiedenis, byvoorbeeld, moet jy kan vertel sonder om in die Bybel te kyk. As jy vertel en jy moet gedurig weer nasien, dan sal die kinders net sleg luister, want die hele ding sal net droog wees. En so sal dit met Aardrykskunde en al die ander vakke van onderwys gaan.

2. Praat nooit harder as nodig is nie - perty onderwysers dink dat hulle deur hard te skré of mot een lat op die des of tafel te slaan, die kinders moet stilmaak; en hoe meer geraas hulle maak, hoe harder en meer sal die kinders oek raas.

3. Praat oek nooit meer as nodig is nie – die kinders sal jou oek hierin gou navolle. Praat jy meer als nodig is, hulle oek; en dan moet jy weer knor, altemit straf oek. So maak jy dit dan ver jou self onaangename, en ver die kinders nie minder nie.

4. Moet tog nie toelaat dat die kinders fluister of op ander maniere raas nie – want dan kan jy nie behoorlik onderwys gé nie.

5. Die wil van ider kind moet an jou wil onderworpe wees, die kinders moet weet dat hulle in die skool gan wil het nie, dan is hulle net gehoorsaam.

6. Jy moet altyd eners wees – nie buierig nie. Moet nie die een dag boos, en die ander dag weer te goed wees nie. So een onderwyser sal die kinders nie respekteer nie.

7. Hou goeje order in jou werk – begin op tyd, en hou op as die uur om is. Hou jou in die tussentijd stip an jou tydtafel en horlosie. Gebruik nie te veul tyd ver een en te min ver die ander vak nie. Orde en stilte is twee vername vereiste in een skool.

8. Laat al die kinders so sit dat jy hulle in eenslag kan deurkyk - een kind mag nie agter jou rug staan of sit nie, want hulle weet goed dat jy agter jou rug gan oo’e het nie. Hulle moet altyd onder jou oo’e wees.

9. Is dit nodig om te straf, doet dit dan mot vaderlike sagtheid, regterlike strengheid, en koninklike waardigheid, jy moet die kinders nie ruk en pluk, trek en stoot nie, oek nie an die hare of oore trek nie. Jy moet nie gedurig sla belowe en nooit slaan nie; mar slaat daarm tog so min as mo’entlik is.

Jy moet die kinners altyd mot die oo’e regeer, selde mot die stem, en nog minder mot die lat of rottang. Kwaad mag nie ongestraft bly nie, mar jy mot perbeer om die kwaad voor te kom. ‘Gele’entheid gé gene’entheid.’ Jy mot van jou skool oek nie een tronk maak nie. Maak kort process mot jou kinders! Het een kind verbrui, en mot hy daarvoor gestraf worre, straf hom, en dan basta! Al die rekenings moet, as dit mo’entlik is, effe gemaak worre voor die skool uitgaat.

10. Jy mot an al die kinders evenveel sorg besté – jy mag nie een kind verwaarloos ter wille van een ander nie. Perty onderwysers steur hulle net min an die A B C klas, darom bly die kinders oek so lank daarin. En goei’e skool mot net min kinders hê wat A B C leer.”

Stof tot nadenke....

Johann H Claassen




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za