Hoof van Bybelgenootskap in Paarl
2005-07-28
DIE uitvoerende hoof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, ds Gerrit Kritzinger, sal op Sondag 14 Augustus (GRA-dag) om 09:30 in die Paarl se Toringkerk optree tydens ’n interkerklike byeenkoms, aangebied deur die Vriende van Afrikaans Paarl-tak in samewerking met die Toringkerk.
Ds Kritzinger is onlangs tydens ’n byeenkoms van die Węreldbond van Bybelgenootskappe in Reading, Engeland, tot Voorsitter van die Węreldraad van Bybelgenootskappe verkies.
Dit is die eerste keer dat ’n Suid-Afrikaner hierdie posisie beklee.
Die Węreldraad wat uit agttien lede bestaan, is verteenwoordigend van 141 Bybelgenootskappe wat in meer as 200 lande werksaam is.
Ds Kritzinger is ook tans die dienende voorsitter van die Afrika Raad van Bybelgenootskappe.
Kontak Elsa Olivier by 863-3839 vir meer inligting.
More
News
|