Kookwater-fees op Caledon
2009-01-29
CALEDON SPA HOTEL bied op 14 Februarie die eerste Kookwater fees aan wat beloof om 地 fees der feeste te wees. Van Suid-Afrika se top kunstenaars, soos Lianie May, Pieter Koen, Wicus van der Merwe, Munro en Andriette gaan seker maak dat die fees top vermaak bied. Die dag skop vroegoggend af met 地 pret-draf en fietsren met groot pryse op die spel. Om 09:00 maak die fees-hekke oop en 地 vlooimark en 地 verskeidenheid kosstalletjies asook 地 wyntent sal verseker dat daar iets vir almal gaan wees. Daar sal 地 verskeidenheid vermaak wees en toegang tot die warmュ water swembaddens is ingesluit. Kry jou kaartjie by die hek of Computicket of kontak vir Heidi of Sunet by 028-214-5323.
More
News
|