Inbrekers vasgevat
2009-01-29
LEDE van die polisie is tans besig om ononderbroke te werk, om vermeende huisbrekers agter slot en tralies te sit. Die afgelope paar maande het huisbrake in die hele Drakenstein-gebied die hoogte ingeskiet. Maar onlangs het die polisie verskeie deurbrake gemaak met die inhegtenisname van verskeie vermeende diewe, asook die terugbesorging van baie gesteelde goedere. Verlede week is ’n groot hoeveelheid elektroniese toerusting teruggevind, nadat die polisie inligting ontvang het wat vir hulle gelei het na die Chester Williams-plakkerskamp in Paarl-Oos. Hier is die goedere versteek gevind in ’n informele woning. Abraham Blanche (32) is in hegtenis geneem. Van die goedere is reeds positief geďdentifiseer as items wat tydens huisbrake in die Paarl gesteel is. Die polisie is steeds op soek na die eienaars van die ander toerusting, om sodoende vir hulle met hul ondersoek te help. Daar bestaan ’n vermoede dat ’n sindikaat hierdie gesteelde goedere koop vir ’n appel en ’n ei, en dan weer teen ’n stewige wins herverkoop. ’n Woordvoerder van die polisie het gesę dat, alhoewel hulle alles in hul vermoë doen om misdaad te bekamp, bly huisbrake steeds ’n probleem. “Hierdie skelms is uitgeslape en hou dikwels hul teikenwonings vir dae lank dop, voordat hulle toeslaan. “Indien verdagtes opgelet word, moet die polisie dadelik gekontak word.” Hy het ook die publiek gewaarsku dat dit onwettig is om gesteelde goedere te koop. “Diegene wat hulself hieraan skuldig maak, kan vervolg word.”
More
News
|