Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Mans val in voertoring

Mans val in voertoring
 
2009-01-29

Lise Beyers

’n MAN het Maandagaand byna sy lewe verloor toe hy meegesleur is deur tonne graan binne-in ’n reuse-voertoring.

Twee kontrakwerkers van Meadow Feeds in Westhovenstraat, Paarl, was besig om die kante van die voertoring skoon te vee.

Alhoewel daar steeds ongeveer vyftien ton graan binne-in was, was dit byna leeg, in vergelyking met die 6000 ton stoorkapasiteit wat een so ’n toring het.

Dit is steeds onduidelik wat gebeur het, maar een van die veërs het binne-in die graan beland.

Hy is vinnig deur die massa ingesuig, byna soos wat dryfsand doen.

Sy kop het onder die graan verdwyn, en sy kollega het agter hom in gespring, om te help. Hy het ook vasgesit, maar net tot by sy middellyf.

Hy moes om die weggesakte veër se gesig gegrawe sodat hy kon asemhaal.

Met die aankoms van die reddingsdienste, het die een man swaar asem gehaal, en hy moes eers gestabiliseer word, voordat ’n uiters moeilike reddingsoperasie voortgesit kon word.

Harnasse is aan albei mans vasgesit, om te keer dat hulle verder in die graan wegsak.

Hierna moes ’n reddingstou aan die bopunt van die 40 meter hoë struktuur opgerig word, asook aan die kant.

Eers toe alles veilig verklaar is, kon die mans uitgelig word.

Die ingewikkelde reddingoperasie het ongeveer vier uur geduur.

Die mans het geen noemenswaardige beserings opgedoen nie, maar hulle is na Paarl MediClinic geneem vir waarneming.

Volgens ’n beroepsveiligheidsdeskundige moet werkers in sulke omstandighede vas wees aan harnasse, en daar moet ’n toesighouer teenwoordig wees.

’n Woordvoerder van Meadow Feeds, Gary Arnold, het gesê dat daar nou ondersoek in- gestel sal word na die oorsaak van die voorval.

* Two men were trapped inside a grain silo for hours on Monday evening.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za