p>Die tekens en simptome van kinderkanker is:
• Ongewone abdominale knop of swelsel.
• Langdurige, onverklaarbare koors.
• Bleekheid, verlies aan energie en vinnige gewigsverlies.
• Onverklaarbare, langdurige pyn en hoofpyn – gaan dikwels gepaard met vomering.
• ’n Kind wat maklik kneus; onverklaarbare bloeding.
• Skielike verandering in balans, beweging en gedrag.
• Geswelde kop.
• Verandering in die oë soos ’n wit gloed of skielike skeel oog.
Skakel Kansa tolvry by 0800-226-622 (weekdae 08:00 tot 16:30).