Ouers kan kom aanklop
2009-01-29
OUERS wat probleme ondervind met die betaling van skoolfonds word deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement uitgenooi om te kom aanklop vir raad. Dié ondersteuningsdiens is ingestel om as bemiddeling tussen die skool en die ouer te dien. Winne Windvogel van die finansiële afdeling van die onderwysdepartement in die Paarl sê hulle wil baie graag hulp verleen. “Daar bestaan baie leemtes en ons wil graag dié diens onder ouers se aandag bring. Ons kry baie navrae oor kwytskelding. “Ouers weet ook nie wat van hulle verwag word as hulle meer as een kind in die skool het nie.” Enige navrae met betrekking tot skoolfondse kan gerig word aan haar by 021-860-1547 of 071-938-8984.
More
News
|