Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tradisionele atletiek by Daljosafat-stadion

Tradisionele atletiek by Daljosafat-stadion
 
2009-01-29


DIE jaarlikse tradisionele atletiekbyeenkoms vir plaaslike hoërskole vind op 11 Februarie op die Dal-stadion plaas. Die gasheer vanjaar is Hoërskool Bergrivier, wat vanjaar sy 60ste bestaansjaar vier.

Die ander skole wat deelneem, is Weltevrede Sekondêr, Klein Nederburg Sekondêr, Charleston Hill Sekondêr, Wellington Sekondêr, Noorder-Paarl Sekondêr, New Orleans Sekondêr, Paulus Joubert, Desmond Tutu Sekondêr en Ihlumelo Sekondêr.

Die samekoms van leerders en ouers is een van die grootste byeenkomste in die Drakenstein-gebied en nagenoeg 13 000 toeskouers word verwag. Soos gewoonlik word daar ook verwag dat atlete uitstaande tye en afstande behaal.

Die byeenkoms begin 08:30 en eindig 16:30. Toegang is R10 (R6 vir skoliere).

Ondernemings wat belang stel om as borge vir die geleentheid op te tree of ’n nuwe produk wil bemark, is welkom om die prinsipaal, Lucas Slinger, by 072-449-7675 of die sameroeper, Mervin Petersen, by 076-776-0702 te skakel.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za