Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoër Jongenskool se Bredenkamp is ’n taai kalant

Hoër Jongenskool se Bredenkamp is ’n taai kalant
 
2009-01-29


DIE Hoër Jongenskool het onlangs puik gevaar tydens ’n kriekettoernooi in Pretoria waartydens die Paarliete slegs een keer uit vyf wedstryde aan die verloorkant was.

HJS het die toernooi afgeskop met ’n onbesliste uitslag teen Parktown. Jan Breden-kamp (76) en Pieter Stofberg (3/21) was HJS se uitblinkers.

Die volgende dag het Boishaai (174/6) met vier paaltjies koning gekraai teen die gasheerskool, Cornwall College. Bredenkamp (52) was weereens ’n yster terwyl Kobus Putter (52) en Clint Brockman (3/18) self goed vertoon het.

Op die derde dag moes HJS ongelukkig die knie buig toe hulle slegs 93 lopies kon aanteken teen Menlopark. Bredenkamp (38) het egter weereens sy staal getoon.

HJS het op dag vier vergoed vir sy nederlaag deur Waterkloof (158) met 16 lopies te klop.

Tydens dié wedstryd was niemand anders nie as Bredenkamp (90*) weereens aan stuur van sake om vir Boishaai te help om ’n telling van 174 op te stapel. Stofberg (3/26) en Brockman (3/34) het weereens floreer met die bal in die hand.

Op die laaste dag was HJS weer aan die wenkant toe hulle vir Eldoraine (132) met sewe paaltjies geklop het. Leon le Roux (61*) en Putter (31) het goeie kolfvertonings gelewer.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za