Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoop en hulp na egskeiding

Hoop en hulp na egskeiding
 
2005-07-28


’n WERKWINKEL vir geskeide mense, of mense wat op die een of ander wyse betrokke is by egskeidingsbegeleiding, word Saterdag 13 Augustus in die Paarl aangebied.

Dit word gereël deur Christo Visser en Assosiate. Visser beskryf egskeiding as die ‘dood’ van die huweliksverhouding.

Wanneer ’n egskeidingsaak in die hof aangehoor word, is die huweliksmaats en die kinders as’t ware die roubeklaers, die prokureurs die begrafnisondernemers, die regter, die predikant en die hof die begraafplaas waar die kis geseël en die huweliksverhouding begrawe word.

In gevalle waar een of albei egmaats hulself in ’n ongelukkige en onvervulde huweliksverhouding bevind het, word wetlike skeiding, of dié gebeurtenis waar die huwelik nietig verklaar word, gesien as die paspoort na vryheid.

Die realiteit leer dat huweliksmaats ná egskeiding nie van mekaar kan ontsnap nie.

Kinders, sakebelange, blote afhanklikheid of gewoonte, morele verpligting en selfs die gevoelens van liefde en/of haat wat hulle nog steeds vir mekaar koester, hou hulle betrokke.

Geskeides moet hulp en begeleiding kry om die vorige huweliksverhouding te omskep in ’n sakeverhouding.

Riglyne moet ook voorsien word oor hoe om sielkundige skeiding te bewerkstellig.

Een van die sprekers by die beplande werkswinkel is dr Nicky Alpaslan, gewese senior dosent in maatskaplike werk, privaatpraktisyn, outeur, motiveringspreker en ook die skrywer van die raadgee-rubriek Liquorice vir die lewe in die Huisgenoot, praat oor hierdie onderwerp.

Christo Visser, maatskaplike werker in privaatpraktyk, sal riglyne voorsien wat ouers kan gebruik om hulle kinders te ondersteun in die verwerking van hul ouers se egskeiding en hoe kinders sinvolle verhoudings met albei ouers na egskeiding kan hê.

Die koste vir die werkwinkel is R135 en sluit koffie/tee, verversings en ’n ligte middagete in.

Vir navrae en besprekings, kontak hulle by 872-7466 of stuur ’n e-pos na gerida@absamail. co.za voor of op 5 Augustus.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za