Skryf in vir Pearl Bybelskool se kursus
2009-01-29
ALLE voornemende studente wat vanjaar by die Pearl Bybelskool in Denneburg, Paarl, wil inskryf vir ’n diploma in pastorale studies, moet voor 31 Januarie registreer. Die oriëntering vind op 2 Februarie om 19:30 plaas. Daar is geen beperking op ouderdom en skolastiese agtergrond nie. Klasse word op weeksaande aangebied en voornemende studente kan met Howard Garland by 083-352-7206 of Vernon Jacobs by 083-766-7495 skakel vir meer inligting.
More
News
|