Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


PJP vier sy halfeeu

PJP vier sy halfeeu
 
2009-01-29

Devidean Moses

IN 1959 was Paulus Joubert Primêr die tweede skool wat geopen het in Paarl-Oos, met James Jansen as hoof. Vanjaar vier die skool sy 50ste bestaansjaar.

Die eerste skooldag van die jaar is leerders met balonne verwelkom by die skoolhek om die geleentheid te vier. ’n Onthaal vir oudleerkragte is dieselfde dag gehou.

Baie van die oudleerkragte was verstom om die veranderinge by die skool te sien. Hulle kon land en sand met mekaar gesels en die samekoms het later in ’n reünie verander.

“Vanoggend toe ek so oor die leerders kyk, het dit my eintlik laat klein voel, want mens besef dat daar soveel kinders hier skoolgegaan het en dat die skool eintlik groter is as almal,” sê skoolhoof Granville Isaacs.

Paulus Joubert Primêr het verskeie mylpale in die 50 jaar bereik op akademiese-, kultuur- en sportgebiede en is trots op hul oudleerders wat uitstyg.

Een van die voormalige hoofde, Jonathan Humphreys, het gesê dat die personeel en kinders van 1976 baie hardwerkend was en hul beste gelewer het.

Hy meen daar is ’n verskil in vandag se onderwys, veral omdat kinders baie blootgestel word aan moderne tegnologie wat hulle ’n voorsprong gee.

Cecil de Jager, wat in 1997 as hoof uitgetree het, het gesê dat daar in sy termyn uitstekende spanwerk by die skool was.

“Vroeër jare was die onderwysstelsel egter beter, omdat dit die kind meer blootgestel het aan klank en lees,” meen hy.

“Om te bou is beter as om af te breek. Ons moet belê in kinders en lief wees vir hulle, eerder as om hulle as ’n las te beskou.”

’n Feesdiens word op 1 Febraurie in VGK Hugenote kerksaal om 17:00 gehou om die mylpaal te gedenk.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za