Abigail vra hulp
2009-01-29
Liezl Dyson
地 DRIEJARIGE dogtertjie van Noorder-Paarl is een van drie kinders in Suid-Afrika wat sonder 地 pankreas funksioneer. Abigail Cloete is as gevolg van haar siektetoestand blind gebore, verstandelik gestrem en kan nie loop nie. Op twee weke is 地 gedeelte van haar pankreas verwyder, omdat dit nie normaal funksioneer het nie en omdat haar suiker geweldig laag was. Op vier maande is haar pankreas volledig verwyder. Volgens haar ma, Aletta Cloete, is sy op chroniese medikasie wat die pankreas se funksies moet vervang en moet sy twee keer 地 dag met insulien ingespuit word en ander medikasie ontvang. Volgens Marietjie van Schalkwyk van Karma, 地 liefdadigheidsorganisasie, beloop Abigail se medikasie en versorging duisende rande per maand. Abigail se ouers, Aletta en Gerhard Cloete, versorg self hul dogtertjie, maar moderne toerusting word benodig om haar daaglikse hantering te kan vergemaklik. Karma, wat deur drie vrouens gestig is, help die gesin om fondse vir Abigail in te samel. Hulle help ook enkele ander kinders. Mense wat graag vir Abigail en haar ouers met 地 donasie wil help, kan die donasie inbetaal by Karma IT 219/2008 se rekening by Eerste Nasionale Bank, rekeningnommer 62180619713 (takkode 200110). Verwys inbetaling na Abigail Cloete.
More
News
|