Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Historiese kriekettoernooi in Franschhoek

Historiese kriekettoernooi in Franschhoek
 
2009-01-29


SONDAG bied die Groot Drakenstein Games Club hul 49ste geborgde Boschendal ses-aan-’n-kant krieketdag aan op die historiese Pickstone Oval.

Dié veld, wat sekerlik een van die mooiste velde in die Boland is, is geleë te Groot Drakenstein op die R45 tussen Simondium en Franschhoek.

Hierdie kriekettoernooi is die oudste van sy soort in die land en agt krieketklubs (Coronations, Paarl, Paarl-Oos, Groot Drakenstein Uitnodigingspan, Westelike Provinsie krieketklub, Claremont, Fishhoek en Bellville) ding vanjaar mee om die gesogte trofee.

Die spanne begin om 10:00 en die plaat- en finaal sal teen 16:00 gespeel word.

Vir die spanne, sowel as individue wat presteer (beste veelsydige speler, veldwerker, kolwer, en die grootste ses), is daar groot pryse te wen.

Groot Drakenstein is ’n gelisensieerde klub en alle soorte drank is beskikbaar by die klubhuis - geen persone word toegelaat om alkohol in te bring nie.

Worsrolletjies, hoenderbraai, pasteie, koeldranke en vele meer sal beskikbaar wees. Vir die kinders is die swembad, springkasteel en tennisbaan beskikbaar.

Vanjaar se tema is ‘Familiedag’ en inwoners van die Boland en Westelike Provinsie word hartlik uitgenooi om die dag saam met Groot Drakenstein Games Club te geniet.

Toegang is gratis, maar toeskouers kan ’n vrywillige donasie gee vir die ontwikkeling van krieket in die Groot Drakenstein omgewing.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za