Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugbyklubs oefen volstoom

Rugbyklubs oefen volstoom
 
2009-01-29


DIE Wellington Rugbyklub nooi alle spelers (oud en nuut) na die eerste rugby-oefening van die klub Dinsdag om 18:30.

Die klub, wat vanjaar 111 jaar oud is, sal vanjaar weer ’n krag in die Premierliga van die Bolandrugbyunie wees, veral ná die besluit van die Universiteit van Tegnologie (CPUT) om hul gewig by Wellington in te gooi. Alle spelers van CPUT is dus welkom.

Die klub beplan vriendskaplike wedstryde op 28 Februarie teen Helderberg (tuis), op 7 Maart ’n ‘George toer’ (weg), op 11 Maart teen Young Peoples (tuis), op 14 Maart ’n oefenkamp (Cput-velde) en op 21 Maart teen NNK (weg). Op 28 Maart neem die liga-wedstryde ’n aanvang.

Die eerste span sal vanjaar gebrei word deur die ervare JC Heunis en Athol Ontong terwyl die tweede en derde spanne onderskeidelik deur Kallie Ross en Stones Steenkamp geslyp sal word.

* Young Gardens bied op 7 Maart ’n sewe-aan-’n-kant rugbytoernooi aan te Gardens Park vir ’n senior en o.15 span.

Die klub oefen elke Dinsdag en Donderdag vanaf 18:00 by Paarlzicht Primêr. Alle spelers, asook nuwe spelers, is welkom.

Die klub se algemene jaarvergadering vind plaas Maandag te Paarlzicht Primêr om 19:30. Alle lede, asook nuwe lede, se teenwoordigheid word versoek. Kontak Mario by 082-380-2680 of Dewayne by 084-581-6661.

* Allandale Rugbyklub se voorseisoense oefeninge is op Dinsdae en Donderdae om 18:30.

Die klub speel vriendskaplike wedstryde op 28 Februarie teen Viking/Police, op 7 Maart teen Whistling Wheels en op 13 Maart teen Thistles.

Vir enige navrae, kontak die afrigter Raymie van Niekerk by 073-192-2767.

* Violets Rugbyklub oefen Dinsdae en Donderdae om 19:00 by Paulus Joubert Sekondêr se rugbyvelde.

Die klub beplan ’n toer wat oor Paasnaweek sal plaasvind.

Kontak 083-668-0231.

* Albions Rugbyklub hou Sondag ’n familiedag in Orleanspark. Die funksie sal in die vorm van ’n ‘bring en braai’ wees.

Die klub is nog op soek na vriendskaplike wedstryde vir 7 en 14 Maart. Kontak Stevie Williams by 073-419-8476.

Albions hou Dinsdag sy jaarvergadering te Bethel Congregational saal om 19:30.

* Riverstones Rugbyklub oefen Dinsdae en Donderdae by New Orleans se krieketvelde om 18:00.

* Windmeul United oefen onder Brendon Abrahams (afrigter) elke Dinsdag en Donderdag om 19:00 by Windmeul skool in Agter-Paarl. Vriendskaplike wedstryde geskiet op 22 Februarie teen Atlantis, 14 Maart teen Franschhoek en 28 Maart teen Albions. Vervoer kan gereël word. Kontak 072-105-7032.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za