Paarl Varswater-hengelklub is 2008 se top klub
2009-01-29
DIE SA varswater-oewerhengelkampioenskappe vir juniors en penkoppe (o.13’s) het onlangs in Bloemfontein plaasgevind. Uit die Paarl Varswater-hengelklub het die juniors, Marissa en Bianka Breytenbach, Christo Saayman jnr, Kalin Oelofse, Sharne Groenewald, John-Louis van Zyl en Werner Esterhuyzen, die WP-span verteenwoordig. Christo het tweede in die land geëindig onder die juniors en is saam met Marissa, Bianka, Kalin en Sharne genooi na die Springbokproewe. Die uitslae sal in Maart bekend wees. Paarlklub se Emile Saayman het die Penkopspan verteenwoordig en 21ste in die land geëindig na drie dae se hengel. Elf provinsies se penkoppe (44 hengelaars) het deelgeneem. Paarlklub het verlede Donderdag baie pryse verower by WP se prysuitdeling. Paarl het tweede geëindig in die Premier- en Presi-dentsliga, en eerste in die Voorsittersliga. Paarl is ook aangewys as 2008 se top klub. Individueel het die klub se lede ook goed presteer. Christo is aangewys as die top junior in WP asook in die Premierliga. Marissa is aangewys as die top junior dame, gevolg deur Kalin (tweede) en Bianka (derde). Lucy is die top dame in die Presidentsliga. Marissa (eerste), Kalin (tweede) en Marike Ferreira (derde) is die top dames in die Chairmansliga. Paarl is ook beloon vir die meeste vis gevang, met Gideon Ferreira die voorste vanger. Paul Greyling jnr was vyfde in die Premierliga. In die Voorsittersliga was Gideon, Marissa en Kalin onderskeidelik eerste, tweede en derde. Emile is aangewys as die top penkop in die WP vir 2008. Die grootste karp (5,52kg) is gevang deur Debbie Oelofse. Philip Matthee het die grootste baber gevang (,320kg). * Die Dames SA’s vind plaas in Februarie te Bloemhofdam. Die mans B-span sal ook te Bloemhofdam in aksie wees en die Senior Mans A-span sal te Hartebeeskuildam, Mosselbaai, in aksie wees gedurende Maart. Paarl Varswater-hengelklub hou op 7 Februarie ’n sosiale dag by Paarldam. Almal is welkom om saam te hengel. Kontak 083-269-3135 (Gideon) of 021-872-8755 (Jasper).
More
News
|