Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Maak gereed vir prettrap op Wellington

Maak gereed vir prettrap op Wellington
 
2009-01-29


DAAR is groot afwagting vir die Wilde Fietsren op 21 Februarie nadat verlede jaar se fietsren met soveel sukses aangebied is.

Vanjaar se Wilde Fietsren beloof om groter te wees as die vorige jaar se woelige byeenkoms.

Daar sal weereens twee padwedrenne wees, waaraan talle liga-fietsryers sal deelneem, aangesien dit as ’n goeie voorbereiding vir die Cape Argus in Maart sal dien.

’n Bonus vir hierdie jaar is die twee Virgin Bergfietsbane wat vir baie aksie sal sorg.

Merk dus solank 21 Februarie op jou kalender af, al neem jy nie self deel nie. ’n Verversingstent sal eet- en drinkgoed verkoop, sodat families en ondersteuners kan ontspan.

Die wynproe-geleentheid sal die gesofistikeerde palette besig hou, terwyl ’n speeltuin opgestel gaan word om die kinders se dag genotvol te maak.

Die Wilde Fietsresies gaan ’n geleentheid vir die hele familie wees, so bring gerus ’n sambreel of gazebo saam.

Die twee padwedrenne, asook die Bergfiets-renne, skop by die Wellington Rugbyklub af.

* Die strawwe 94km padwedren begin om 06:30. Die roete vat die fietsryers uit die Besigheidspark na Wellington en dan in die rigting van Hermon. Soos wat die roete oor Bothmaskloof lei, sal die fietsryers verby Riebeek-Kasteel trap voordat hulle in die rigting van Paarl by die R45 indraai. Hulle sal naby Lady Loch klaarmaak.

* Om 07:15 begin die 54km-ryers te trap. Op Lady Loch sal hulle die Bergrivier verbysteek en dan Malmesbury se koers inslaan nadat hulle by die R45 ingedraai het. Die roete volg op Voor-Paardebergpad tot net voor Sonop Wynmakery waar daar by die R44, naby Wellington, ingedraai moet word.

* Die bergfiets-roete lei die deelnemers uit Wellington uit, en vat die ryers oor Bainskloofweg, oor Groenefontein en ander plase in die Groenberge. Die geharde plaaspaaie sal ’n tawwe stryd bied terwyl die fietsryers deur asemrowende fynbos, wingerde en plase in die Wellington-omgewing gelei word.

* Die gebalanseerde roetes bied ’n genotvolle rit vir beide ervare en minder-ervare fietsryers, alhoewel die 20km-roete perfek vir juniors en beginners geskik is.

Die 50km-roete begin om 08:00 en die 20km begin om 08:15.

Voor-inskrywingsfooie kos R60 vir Pedal Power Association-lede, en R95 vir nie-lede. Die sluitingsdatum vir webtuiste-inskrywings is 19 Februarie. Skryf so gou as moontlik in om jou plek te verseker.

Inskrywings op die dag van die wedren sal ook aanvaar word. Tydelike byeen-komsnommers is beskikbaar teen R5 elk.

Kontak info@pacmar.co.za, bel 021-873-7337 of besoek www.pedalpower.org.za vir meer inligting.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za