Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


‘Ou manne’ wys hoe

‘Ou manne’ wys hoe
 
2009-01-29

Engela Duvenage

JEUG moes Saterdag die knie buig voor ervaring toe die Wellington Old Boys gekroon is as die 2009 kampioene van die Bella Roma Wellington Krieketklub se jaarlikse ses-aan- ’n-kant kriekettoernooi.

Die wenspan, met ’n vyftigplusser en vier veertigers in hul midde, het die veel jonger Wellington Social-span met 13 lopies in die finaal geklop op die Pen Basson-veld in Wellington.

Die seëvierende spanlede van die Wellington Old Boys was Basie Basson, Piet Koen, Wikus Hellman, Lincoln Dampies, Louis Duvenage (kaptein) en Nic Slabber.

Dit was veral Basson en Koen, wat deur die loop van die toernooi goed gekolf en geboul het, wat die angel in die vlees van die Wellington Socials was.

Hellman het ook vir ’n deurslaggewende boulbeurt gesorg om te verseker dat Wellington Socials, wat tweede gekolf het, nie die wentotaal van 60 lopies in vyf beurte kon bereik nie.

Die spanlede van die Wellington Socials was Rudi de Bruyn, Leon Labuschagne, De Wet Burger, Dale Lees, Steve Palframan en Hendrik du Toit.

In die plaatfinaal het die Bella Roma-span koning gekraai teen die Zappas, ook van Wellington.

Spanne van onder meer Wellington, Noordhoek en Edgemead het aan hierdie jaarlikse instelling op die Bolandse krieketkalender deelgeneem.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za