Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples skrik groot

Peoples skrik groot
 
2009-01-29


BERGRIVIER KRIEKETKLUB het Saterdag vir Young Peoples groot laat skrik en was slegs een lopie kort om ’n welverdiende oorwinning te bewerkstellig.

Die Tiere het eerste gekolf en kon slegs 149 lopies aanteken danksy fantastiese boul-en veldwerk deur die besoekers. Slegs Justin Ontong (45, 2x4 en 1x6) kon enige weerstand bied met die kolf.

Vir Bergrivier het Ethan Pietersen (3/31 in 9bb), Ryan Mouton (2/16 in 4bb) en Lee-Irvin Alexander (2/28 in 9bb) skitterend gevaar met die bal.

Peoples het egter nooit gaan lê nie en baie hard teruggeveg. Die Tiere het sodoende Bergrivier se paaltjies op reëlmaat laat kantel.

Charlton Daniels (2/18 in 6bb) en Brendon Adams (3/33 in 9bb) het weereens goed geboul, maar op die einde was dit Lorenzo Jacobs (3/10 in 5bb) wat die wedstryd vir die Tiere beklink het.

Bergrivier moes slegs drie lopies in die laaste boulbeurt aanteken vir ’n oorwinning, maar Jacobs het koelkop gebly en het die laaste paaltjie laat kantel met slegs drie balle oor.

Die tweede span het ook hul aanspraak lewendig gehou en Bergrivier II op Wellington met 60 lopies kafgedraf.

Peoples het 215 lopies aangeteken danksy goeie beurte deur Wade October (83, 7x4) en Ryan Davids (56, 4x4 1x6). Garth Abrahams (3/21 in 8bb) het die beste met die bal gevaar vir die tuisspan.

Peoples se veldwerk was skitterend en tesame met akkurate boulwerk kon hulle vir Bergrivier tot 155 (almal uit) beperk.

Die draaiboulers, Ryan Davids (3/15 in 7bb) en Riaan Damonse (5/26 in 8bb), het die kolwers se sterte behoorlik geknoop.

Veral Damonse beïndruk dié seisoen weekliks met sy boulwerk. Hy het tot dusver dié seisoen welverdiend die meeste paaltjies laat kantel.

Saterdag speel Peoples I weg teen Malmesbury. Die tweede span speel tuis teen Malmesbury II terwyl die derde span ook weg speel teen Paarl-Oos III.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za