OP 2 Februarie skakel ek die Landdroskantoor hier in die Paarl om sekere inligting te bekom.
Die telefoon lui en lui en uit radeloosheid skakel ek die SAPD Aanklagkantoor om uit te vind hoekom die hof se telefoon nie beantwoord word nie.
Daar word toe aan my meegedeel dat dit ’n groot probleem is en dat baie mense die aanklagkantoor skakel met presies dieselfde klagte het.
Ek praat met mev Williams (senkior staatsaanklaer) en sy deel my mee dat haar telefoonlyn soms die enigste een is wat werk en dat die publiek asseblief geduldig moet wees totdat die bouery aan die hof (wat verlede jaar gedeeltelik afgebrand het) afgehandel is.
Kom ons hoop die skakelbordprobleme is gou uitgestryk.
Ingrid Perold