GRAAG wil ek my waardering uitspreek teenoor die Munisipaliteit vir die daadwerklike pogings om ons pragtige dorp weer tot 地 mate skoon te kry.
Ons weet dit is byna 地 onmoontlike taak, maar as ons as inwoners ook ons kant bring en alle gemeenskappe betrokke raak, kan 地 verskil gemaak word.
As inwoner van Courtrai was dit verblydend om te sien dat strate en sypaadjies in ons omgewing weer skoongemaak word.
Wat egter 地 bitter smaak in my mond laat, is die feit dat ons van die Munisipaliteit verwag om sy kant te bring, maar dat van sekere inwoners in ons gebied hul eiendomme verwaarloos.
Dit is skokkend om te sien hoe sommige huise lyk. Bou- en tuinrommel hoop op, vullisdromme word permanent op sypaadjies gelos, gras word nie gesny nie, ongebruikte motors en bote staan die tuine vol.
Het hierdie mense dan geen trots nie of is dit maar net 地 gebrek aan opvoeding?
Maak 地 positiewe verskil en begin op jou eie werf.
Kom ons maak van ons omgewing iets wat besoekers altyd sal onthou. Onthou netheid kos niks!