Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Toestand van Victoriapark op Wellington pla

Toestand van Victoriapark op Wellington pla
 
2009-02-05


ONS as inwoners van Wellington wat jaarliks toeriste van oral oor die wêreld kry, skaam ons dood vir die toestand van Victoria Park.

Vandat die draad verwyder is om die park is dit oop vir elke rondloper wat slaapplek soek. As die toiletgeriewe gesluit is, word die terrein sommer gebruik vir daardie doel.

Die smouse wat in Kerkstraat by die park hulle produkte verkoop, val mens so lastig, dat ’n mens geen toeris meer kan vat vir uitstappies in Kerkstraat nie.

Die gronde is besaai met papsakke, glasstukke en eetgerei.

Besoekers aan Wellington het dit duidelik gemaak dat hulle nie weer ons dorpie gaan besoek nie, want soveel agteruitgang wil hulle nie sien nie.

Daar kan nie foto’s geneem word nie, want die onooglike vullis lê die wêreld vol gestrooi.

Ons verloor al hierdie geld van die toeriste wat nie meer bereid is om hierheen te kom nie. Iemand sal dringend iets moet doen.

Ek dog toe ek neem die toeriste na die park oorkant die stadsaal, maar o wee, daar lyk dit net so hopeloos. Vandat die gietysterhekke gesteel is, gaan dié park ook agteruit.

Wat moet ons doen - enige voorstelle?

Gaan Drakenstein Munisipaliteit ingryp voor dit te laat is?

A Bulloch en J Droomer




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za