’n Vragmotor van Waste Mart wat onderweg was van die vullis-oorlaaistasie in Distilleryweg, Paarl, na die vullisterrein op Wellington, het sy vrag verloor toe dit in Boschstraat ingedraai het. Die volgelaaide sleepwa het met die draai geknak, en die vraghouer het op die sypaadjie beland. Dit is dieselfde plek waar dr Pieter du Toit vyf jaar gelede dood is, toe ’n vragmotor, ook onderweg van die oorlaaistasie, bo-op sy voertuig beland het.Foto: Lise Beyers