Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vier vas oor R3 miljoen bedrog

Vier vas oor R3 miljoen bedrog
 
2009-02-05


DRIE voormalige munisipale amptenare, asook nog ’n persoon, is vandeesweek in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog van R3 miljoen by die Drakenstein Munisipaliteit.

Ivanhoe Marquad, Samuel Cupido, Esra Abrahams en Vanessa Williams is na die selle by die Paarl polisiestasie geneem, waarna hulle in die Paarl Landdroshof verskyn het. Hulle is op borg vrygelaat.

Die klagtes spruit uit ’n ondersoek van bykans twee jaar nadat ongerymdhede by die munisipale werkswinkel opgelet is.

In 2006 het die Munisipaliteit reeds snuf in die neus gekry dat alles nie wel is by hul werkswinkel nie. Daar is vermoed dat amptenare by die werkswinkel gekonkel het met diensverskaffers om die Munisipaliteit te laat betaal vir dienste wat nooit gelewer is nie.

Volgens inligting is frontmaatskappye gestig om vervalste fakture aan die Munisipaliteit te lewer.

Abrahams was toe hoof van die werkswinkel, Marquad onderhoof en Cupido verkrygingsklerk van die Munisipaliteit. Abrahams se dogter, Williams, was ’n direkteur by een van die verskaffers wat betrek is by die bedrog.

Die Munisipaliteit het ’n indiepte ondersoek geloods, wat ook ’n oudit behels het deur forensiese ouditeurs, wat bevestig het dat daar ongerymdhede plaasgevind het.

Die drie amptenare is hierna geskors, hangende verdere ondersoek.

Intussen is ’n kriminele klag by die polisie gelê, en weens die hoë skaal van die bedrog, het die Skerpioene ingespring met die ondersoek.

* Three ex-employees of the Drakenstein Municipality, as well as one other person, have been arrested on charges of fraud.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za