Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


'Kyk na my' uitstalling

'Kyk na my' uitstalling
 
2009-02-05


’n UITSTALLING van foto’s uit die koffietafelboek Look at me/Kyk na my is tans te sien by die Afrikaanse Taalmuseum se Historium konferensiesaal in Pastorielaan, Paarl. Die uitstalling duur tot 31 Maart.

Een van die vroue in die boek, Claire Fransman, woon op Wellington. Sy het as kind polio opgedoen.

“Op die ouderdom van drie het ek polio opgedoen. Ek was vier toe my ma my weggegee het. My aanneemouers het my soos hul eie behandel.

“Grootword was nie vir my maklik nie, omdat ander kinders my oor my gestremdheid gespot het en ons geen luukshede gehad het nie.

“As kind was die enigste nuwe klere wat ek gehad het die loopysters wat ek by die hospitaal gekry het omdat my bene te swak was,” vertel Fransman in die boek.

Sy het in 2004 Suid-Afrika in Brasilië verteenwoordig in tafeltennis en spog met sewe goue, ses silwer en vier brons medaljes.

Fransman, ’n korrektiewe beampte, is die ma van drie gesonde kinders vir wie sy net die beste wil gee.

“Net soos ander ma’s probeer ek hulle pragtige drome beskerm,” vertel sy.

Beide die uitstalling én die boek beeld die sensualiteit, krag en moed van 23 vroue met gestremdhede op ’n inspirerende wyse uit wat ’n mens dwing om hul bekwaamhede eerder as hul gestremdhede raak te sien.

Die fotograaf, Lucie Pavlovich, het daarop gefokus om die vroue holisties voor te stel as sensueel, soos elke ander vrou.

Die vroue wissel van huisvroue tot baie suksesvolle sakevroue. Party is gebore met hulle gestremdheid en ander se gestremdheid is die gevolg van ongelukke of siektes later in hul lewens.

“Ons is trots om die Kyk na my/Look at me-uitstalling aan te bied en hoop dat dit die kwessie van toeganklikheid vir mense met gestremdhede sal beklemtoon, veral in plekke van openbare belang soos museums,” het Jack Louw, die direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en –monument, gesę.

“Ons streef daarna om toeganklikheid tot ons museum en monument, asook tot ons konferensiefasiliteite, te verbeter.

“Toegang tot die boonste verdieping van die museum is tans ons enigste struikelblok, maar ons hoop om in die komende jaar fondse te bekom vir die installering van ’n hysbak.”

Die uitstalling is die eiendom van die British Council en word aangebied in samewerking met Artscape. Dit kan op weeksdae tydens kantoorure besigtig word.

Die uitstalling se teks is in Engels en sluit ook braille-onderskrifte en oudio-opnames in. ’n Pamflet met die Afrikaanse vertaling en braille-boekies met verkorte weergawes van die vroue se verhale is ook beskikbaar.

Praatjies verwant aan die uitstalling word op 19 Februarie, 5 Maart en 19 Maart om 19:00 aangebied. Die praatjie handel onderskeidelik oor onderwys en opleiding vir mense met gestremdhede, toeganklikheid in die toerisme- en besigheidswęreld, en versorging en ondersteuningsdienste.

Skole kan die uitstalling in Februarie of Maart as deel van ’n opvoedkundige museumtoer besoek.

Op Woensdag 18 Februarie word ’n spesiale geleentheid vir graad 10 en 11 leerders ter viering van Internasionale Moedertaaldag aangebied.

Dié gratis program sluit ’n praatjie oor braille en gebaretaal in, asook ’n opvoering deur studente van Stellenbosch Universiteit se dramadepartement.

Vir besprekings of meer inligting, skakel 021-872-3441 of besoek www.taalmuseum.co.za. Die boek Look at me sal tydens die uitstalling teen R250 verkoop word.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za