Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Twee vas oor handvol gesteelde kredietkaarte

Twee vas oor handvol gesteelde kredietkaarte
 
2009-02-05

Lise Beyers

DIE oplettendheid van ’n verkoopsdame van ’n apteek in Sentraal-Paarl, het daartoe gelei dat twee vermeende kredietkaartdiewe agter tralies beland het.

Tydens die feestyd het die verkoopsdame, wat verkies om anoniem te bly, agterdogtig geraak toe ’n man die winkel binnegekom en rondgedrentel het.

Hy het uiteindelik goedere na haar toe gebring om te koop, en sy het heel vriendelik voortgesels.

“Na jare se ondervinding kry ’n mens net ’n gevoel oor iemand. Dan hou jy vir hom of haar met ’n valkoog dop.

“Die kredietkaart waarmee hy wou betaal, was onder die naam van Visser, en die man se gelaat en dié van het net nie bymekaar gepas nie.

“Ek het egter voortgegaan en die kaart deur die elektroniese masjien getrek. Daar het aanvanklik niks gebeur nie, en die man het senuweeagtig begin raak.

“Die masjien wys toe vir my ’n kode om te sê dat ek met ’n gesteelde kaart te doen het, maar ek het niks gesê nie. “Ek het voorgegee dat ek dit weer moet probeer, maar hy het gesê dat hy oorkant die straat sal gaan geld trek.”

Toevallig het ’n polisiebeampte die apteek ingestap, en toe die man uitstap het die verkoopsdame vir hom van die bedrog in kennis gestel.

Sy het dit egter nie daar gelaat nie.

“Ek is agter die man aan en het vir hom binne die Spar beetgekry.

By hom was ’n vrou wat besig was om inkopies te doen.

“Die polisieman was kort op my hakke, en hy het hulle albei teruggebring na die apteek toe.”

Die twee is deursoek en daar is op 12 kredietkaarte in hul besit afgekom.

Hulle is almal vermoedelik gesteel en geen van die name het ooreengestem nie.

Die paartjie, van Rondebosch, is vir die res van die Kersvakansie agter slot en grendel geplaas, en hul saak sal voortgaan by die Bellville Handelshof. -


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za