NP oudstudente vergader
2005-08-04
ALLE oudstudente en -onderwysers van Noorder-Paarl Hoërskool (van 1953 tot 2004) word genooi na ’n byeenkoms van oudstudente, -onderwysers en -sportbelangstellendes, Woensdag om 19:30 in die Stumps Restaurant, Boland-park, Paarl.
Die doel is om die oudstudente rugby- en netbalspanne vir die derby-kragmeting teen Paulus Joubert Sekondêr van 15 tot 20 Augustus saam te stel.
Paulus Joubert vier sy 40ste bestaansjaar. NP se Oudstudente-unie wil graag ’n bydrae lewer om dit saam met hulle te gedenk.
Hiervoor en vir die verbetering van skoolgeriewe, hou die NP-Oudstudente-unie ’n piekniekdans op 12 Augustus in die Huguenot-gemeenskapsaal. Progressives dansorkes maak musiek.
’n Beperkte getal kaartjies is beskikbaar teen R40, by me Goetham by 872-7016 of R Bastian by 862-2761 of 072-348-851
* NP hou môreaand ’n karaoke-aand in die skoolsaal ten bate van die skoolfonds. Toegang is R10 elk. Navrae: me Goetham by 872-7016.
More
News
|