Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bergrivier bied atletiekbyeenkoms aan

Bergrivier bied atletiekbyeenkoms aan
 
2009-02-05


DIE jaarlikse tradisionele atletiekbyeenkoms vir plaaslike hoërskole vind plaas op Woensdag 11 Februarie te Daljosafat-stadion.

Die gasheer van die prestige-byeenkoms is Bergrivier Sekondêr wat vanjaar sy 60ste bestaansjaar vier. Die ander skole wat gaan deelneem, is Weltevrede, Nooder-Paarl, Paulus Joubert, Klein Nederburg, Desmond Tutu, Ihlumelo, New Orleans, Charleston Hill en Wellington Sekondêr.

Veral in die lang afstande word vuurwerke verwag en hier kan veral Antonio May van Klein Nederburg die rekordboeke herskryf.

In die naellope is die leerders van New Orleans gewoonlik die gunstelinge om met die louere weg te stap.

Die gasheerskool sal swaar steun op sy Boland 400m atleet Yusuf Salie om punte in te samel.

Die byeenkoms kan ook vir vuurwerke sorg in die veldnommers met atlete wat hul voorberei vir die Boland-sentraal byeenkoms ’n week later op 21 Februarie.

Die byeenkoms begin om 08:45 en eindig om ongeveer 16:30. Toegang beloop R10 (R6 vir kinders).




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za