Rekords spat by Hugenote
2009-02-05
DIE jaarlikse atletiekbyeenkoms van Hugenote Hoërskool, wat verlede Vrydag plaasgevind het, het puik prestasies opgelewer. Vyf rekords is verbeter, met Chris-Bosman Smit (800m s.o.15), Robin le Cordeur (100m s.o.15), Daylin de Koker (300m hekkies s.o.15) en Peka Cronjé (1500m s.o.15) wat skitterend vertoon het. Die 4x100m aflosrekord vir s.o.17 is deur die Duikers verbeter. Ciani Loubser en Jacques van Tonder het die kroon op die dag gespan deur aangewys te word as onderskeidelik die victrix en victor ludorum. Albei het puik seges in verskeie items behaal.
More
News
|