Rugbyklubs reël opwarmingswedstryde
2009-02-05
DIE Laer Paarl Rugbyklub (Blues) het onlangs vir Lyndon Manas aangestel as hul nuwe afrigter vir die 2009 rugbyseisoen. Die klub hou ’n oefenkamp te Tulbagh oor die naweek van 21 tot 22 Februarie en die Blues se eerste vriendskaplike wedstryd is teen Young Superstars Rugbyklub. Laer Paarl oefen elke Dinsdag en Donderdag. Laer Paarl se bestuur vir die nuwe seisoen is Robert Fortuin (president), Adam Petersen (voorsitter), Thomas du Plessis (kassier), Alfred Arendse (sekretaris), Alex Cupido (ondervoorsitter), Brian Davids (ondersekretaris), John Petersen en Hennie Arendse (bykomende lede). Kontak Arendse by 084-902- 5759 of Petersen by 071-957-1223. * Evergreens Rugbyklub het reeds begin oefen vir die nuwe seisoen. Die klub speel vriendskaplike wedstryde teen Rangers (7 Maart), Young Peoples (14 Maart) en Albions (21 Maart). Evergreens se uitkloptoernooi vind plaas op 28 Februarie te Evergreens Park. Kontak Rudwaan Williams by 079-026-1290. * Riverstones Rugbyklub hou op 16 Februarie sy algemene jaarvergadering by Orleansvale Primêr om 19:30. Die klub se vriendskaplike wedstryde begin op 7 Maart en ’n toer na Graaff-Reinet sal plaasvind oor Paasnaweek. Seniors is reeds hard aan die oefen by die New Orleans krieketvelde. Junior oefeninge word beplan vanaf 3 Maart. Op 14 Februarie hou die klub ’n spanbou te Groot Drakenstein Gevangenis. * Newtons Rugbyklub se nuwe afrigting-span is Sydney Cupido (hoofafrigter), Jacquin Johannes, Ivan Naude, Willie Abrahams, Manny da Cunha en Kenneth Williams (hulpafrigters). Die klub se amptelike oefentye is op Maandae, Dinsdae en Donderdae om 19:00 te Newtonpark. Die klub se vriendskaplike wedstryde is tuis teen Vineyards op 28 Februarie, weg teen Coronations op 7 Maart, tuis teen Hillcrest United op 14 Maart en weg teen Windmeul op 21 Maart. Die klub neem op 8 April deel aan ’n Paasnaweektoernooi in George. * Young Gardens bied op 7 Maart ’n sewe-aan-’n-kant rugbytoernooi aan te Gardenspark vir ’n senior en o.15 span. Die klub oefen elke Dinsdag en Donderdag vanaf 18:00 by Paarlzicht Primêr. Die klub se algemene jaarvergadering vind Maandag plaas te Paarlzicht Primêr om 19:30. Alle lede se teenwoordigheid word versoek. Kontak Mario by 082-380-2680 of Dewayne by 084-581-6661. * Allandale Rugbyklub hou op Saterdag 14 Februarie ’n Valentine “Snack” Dans by die Drakenstein Gevangenis om 20:00. Die dansorkes Stofpad sal die musiek verskaf. Toegang is R60 per persoon en kroegfasilitiete is beskikbaar. Kaartjies is beskikbaar by Johan de Jongh (021-864-8059). * Roses United is reeds volstoom aan die oefen vir die nuwe rugbyseisoen. Die span oefen weeksaande van 18:00 tot 20:30 op Pelikaanpark in Wellington. Hul eerste wedstryde van die seisoen vind plaas op 14 Februarie teen Heidelberg van SWD (tuis) en op 21 Februarie teen Saldanha (weg). Kontak vir Abe Davids (hoofafrigter) by 083-630-6277. * Albions Rugbyklub se juniors (o.12, o.14 en o.16) moet aanmeld vir oefeninge op Dinsdae en Donderdae om 17:00 tot 18:00.
More
News
|