Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington bo in spannende stryd

Wellington bo in spannende stryd
 
2009-02-05


DIE Bella Roma Wellington krieketspan het Saterdag ’n puik vertoning gelewer om koning te kraai oor die span uit sy buurdorp, Paarl Krieketklub.

Paarl het die loot gewen en besluit om eerste te boul.

Hoewel die Paarliete vir Wellington onder groot druk geplaas het in die eerste 15 boulbeurte, was die besluit om eerste te boul duidelik nie ’n goeie een nie, aangesien die Wellingtonners ’n goeie vennootskap van 100 lopies om die vierde paaltjie opgebou het tussen Christi Schreuder en Warren Groeneveld.

Wellington het na 45 boulbeurte 177 lopies behaal vir die verlies van ses paaltjies.

Wellington se beste kolwers was Christi Schreuder (53, 5x4 en 1x6), Warren Groeneveld (51, 3x4 en 1x6) en Johan du Plessis (20*, 1x4 en 1x6).

Paarl se beste boulers was Ultalyn Ernstzen (2/22) en R Goetham (2/26).

Tydens Paarl se kolfbeurt het hulle ’n tweede paaltjievennootskap van 90 lopies behaal en wou dit voorkom of die Paarliete die wa gemaklik deur die drif gaan trek - veral toe die Paarliete gestaan het op 114 lopies vir die verlies van 1 paaltjie.

Wellington het egter ander planne gehad en besluit toe om die Paarliete uit te boul vir slegs 153 lopies. Wellington wen dus die wedstryd met 24 lopies.

Paarl se beste kolwers was R. Andrews (64, 8x4) en C.Fourie (34, 2x4).

Wellington se beste boulers was I Opperman (4/26) Johan du Plessis (3/30).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za