Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


'n Nag van Passie

'n Nag van Passie
 
2009-02-05


GROOT geeste en bekende name in die Suid-Afrikaanse letterkunde- en vermaaklikheidswêreld is deelnemers aan die Nag van Passie (6-7 Februarie) wat oudergewoonte die baie bekende Woordfees op Stellenbosch (6 tot 15 Maart) voorafgaan. Vanjaar se fees heet, Lag-lag tien jaar.

Skrywers soos André P. Brink, Etienne van Heerden, Petra Müller, Abraham de Vries, EKM Dido, Philip de Vos, Joan Hambidge, Elias Nel, Jeanne Goosen, Johan Bakkes, PJ Haasbroek kom lees voor en kunstenaars soos Valiant Swart, Lize Beekman, Francois Toerien, Emo Adams en Koos Kombuis kom maak musiek of drama of sports tussendeur.

Dié deurnagprogram, wat skrik vir niks, is deur Woordfeesdirekteur Dorothea van Zyl en Saartjie Botha (Woordfees Drama-koördineerder), saamgestel.

Dis boonop vir ’n uitstekende doel, want die opbrengs word geskenk aan die US Departement Drama se Emile Aucamp-fonds vir behoeftige studente, sê ’n woordvoerder van die fees.

Die optredes by die HB Thom-teater is in drie tydgleuwe opgedeel: Sprokkelster (20:30-24:30) kos R60 (sluit Latenstyd en Sonklong in), gevolg deur gratis vermaak in die foyer tot 13:00), Latenstyd is 1:00tot 5:00) teen R40 (sluit Sonklong in) en Sonklong (05:00 tot 7:30) is gratis.

Kaartjies is by Computicket 083-915-8000 of www.computicket.co.za beskikbaar of kontak die US Woordfeeskantoor by 021-808-4813 of www.woordfees.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za