Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Volmaanpiekniek

Volmaanpiekniek
 
2009-02-05


DIT is eersdaags weer volmaan. Kom geniet ’n volmaanpiekniek by die Taalmonument op Paarlberg op Saterdag 7 Februarie vanaf 17:00 tot 22:00. Al die ligte by die monument word vir die aand afgeskakel.

Toegang is R10 (R5 vir studente en R2 vir kinders). Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjie in te pak of ’n mandjie vooraf by Uit die Bloute, die nuwe restaurant by die Taalmonument, te bespreek.

Die piekniekmandjie kos R100 (R170 vir twee en R50 per kind). Wyn en koeldrank is beskikbaar in die restaurant. Onthou om ’n flitslig in te pak. Geen honde of vure word toegelaat nie.

Besprekings vir die piekniekmandjies by Uit die Bloute en om die volmaan te beskou is noodsaaklik. Skakel 021-863-2800.

Gedurende die somerseisoen is die Taalmonument daagliks oop tot 20:00 en Uit die Bloute restaurant is oop tot 17:00 (naweekaande tot 18:00).




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za