Zylla wys gesigte by Breyten
2009-02-05
Die opening gaan ook gepaard met ’n werkswinkel deur die kunstenaar. Faces of the Western Cape is deur Kunstekaap gekonseptualiseer as deel van hulle landelike projekte. In 2007 het Manfred Zylla houtskoolportrette voltooi van die inwoners van Saron. Met hierdie projek is daar trots en waardigheid aan die mense van Saron teruggegee. Zylla is in 1939 in Duitsland gebore en het as kind die verwoesting van die Tweede Wêreldoorlog intens beleef. Hy woon vanaf 1970 in Suid-Afrika en het ’n prominente kunstenaar geword wat met sy kuns veral teen die apartheidsregering gerebeleer het. Kunsbelangstellendes en veral skoolgroepe word uitgenooi om Zylla se werkswinkel gratis om 10:00 op 12 Februarie by die Breytenbach-sentrum by te woon. Tydens dié sessie sal ’n kort film gewys word oor hoe die projek in Saron ontstaan en uitgevoer is. Daarna sal Zylla gesels oor sy kuns en ook ’n houtskoolportret teken as demonstrasie. Om die werkswinkel en/of opening by te woon, bespreek by 021-873-2786 of stuur ’n e-pos na ellziena@breytenbachsentrum.co.za.
More
News
|