Talent op die planke
2009-02-05
"GEMENG", die digbundel van Madge du Preez, word lewend gemaak deur twee plaaslike akteurs, Ilse Sitzer en Ashley Speelman. Hulle vertolk van vanaand tot Saterdagaand die karakters van Doris en Abdol by die Ou Meul-teater. Indien jy hou van teater en woordkuns en plaaslike kunstenaars wil ondersteun, is die vertoning net vir jou. Doris en Abdol praat sélf oor hulle lief, hulle leed en hulle kleurvolle lewens. In hulle éie stemme. In hulle éie Afrikaans. Die vertonings begin om 20:00 en kaartjies kos R35. Kontak Vicky by 083-564-0056 vir besprekings.
More
News
|