Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Munisipaliteit stel teleur

Munisipaliteit stel teleur
 
2009-02-12


EK verwys na die brief van Jill Osche in Paarl Post van 5 Februarie, en kan nie anders as om saam te stem nie – ons dorp lyk gehawend.

Behalwe dat die teerstrate in die algemeen in ’n swak toestand is, is Smartietown die ene gate, hobbels en lekkende water.

Die dorp se ingangsroetes is onversorg en plek-plek lyk dit of ons plantbeddings uit droë rangskikkings en onkruid bestaan. Dit lyk regtig of daar die afgelope jaar nie tyd of geld vir water en onderhoud was nie (dalk weens die politici se oorsese reiese?), behalwe die “quick fix” ’n dag of twee voor die Cultivariafees.

Die walle van die Bergrivier is onversorg, die Arboretum is gevaarlik en orals neem duwweltjies die strate en sypaadjies oor. Dit is ook jammer dat baie van die ou akkerbome wat ons verloor het, nie vervang word nie. As ’n boom afgesaag moet word, moet jy hulle soebat om die werk klaar te maak.

Bekommerd




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za