Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


David Botha skildery lewensgetrou

David Botha skildery lewensgetrou
 
2009-02-12


IN ons huis hang ’n skildery van David Botha gedateer 1955, ’n erfstuk.

Ek was 11 jaar oud toe ons kinders van WA Joubertskool oudergewoonte in die Paarlberg gaan Lentedag hou het. Gewoonlik met toebroodjies, koeldrank en ’n tros druiwe as kos vir die dag.

Van ons vriendinne was op daardie tydstip in die tuin by Meulwater toe ek saam met die seuns vir David Botha tussen Paarlrots en Kettingklip gesien skilder het.

Ek is uit nuuskierigheid verder berg uit om te gaan kyk wat hy skilder.

Omtrent ’n jaar later was ek by die destydse Paarlse munisipale biblioteek toe ek ontdek daar is ’n uitstalling van David Botha skilderye in die kelderverdieping.

Dit was lekker om dadelik ‘my’ skildery te eien - met ’n ‘sold’ plakker op.

Toe ek hoërskool toe is, ontdek ek die skildery op die sitkamermuur van Johan Gobregts hang, wat vele jare later my skoonpa sou word. Hy was toe die koper van ‘my’ skildery.

Ek het die plek waar ek vir David sien skilder het, op 6 Februarie vanjaar (54 jaar later) gaan soek en sowaar gekry!

Vossie Kloppers




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za