Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dié pyp maar net 'n ander manier om te rook

Dié pyp maar net 'n ander manier om te rook
 
2009-02-12


AS ek so deur ons dorp beweeg, is dit hartseer om alles te aanskou waarheen ons dorp op pad is.

Die openbare swembad, ek verwys na die een in die dorp, is nie meer ’n plesier om jou gesin daarheen te neem nie. Die okkapyp word na willekeur deur ons tieners gebruik. Weereens kom dit daarop neer dat daar geen respek en dissipline onder ’n groot deel van ons mense is nie.

Waar word die lyn getrek - ’n tiener mag nie sigarette koop nie, maar kan ’n okkapyp vrylik koop in ’n winkel?

Ek gaan nou op baie se tone trap en baie gaan nie daarvan hou nie, maar verkeerde dinge moet aangespreek word. Sommige ouers gaan so ver om saam met hul kinders die okkapyp te gebruik. Dit is die swakste van verskonings om aan te voer dat dit vir gesondheidsredes gebruik word. Wat ek wel weet is, dat eksperimente daarmee uitgevoer word om dwelmmiddels uit te toets. Ouers moenie dom wees nie, of aanvoer dit word onder hul toesig gedoen nie.

Drie tieners het selfs so ver gegaan om binne in ’n winkel in Paarl-Oos die okkapyp te gebruik sonder enige skaamte.

Dit eindig nie net met die gebruik van die okkapyp nie - ek sien baie kinders in Paarl-Oos stap soggens na hul onderskeie skole soos grootmense met ’n sigaret in die mond. Dit is nie net sigarette nie, maar ook ander middele waarop ek nie sal uitbrei nie.

Jou liggaam is die tempel van God, hoe kan jy dit dan ontreinig ?

Hoe gaan ons leiers in ons gemeenskap word as ons self nie ’n voorbeeld is nie?

Indien jy na individue kyk wat die hoogste sport bereik het in ons gemeenskap, sal jy agterkom hulle is maar nou net eenkeer op ’n ander vlak, met dissipline wat deur hul toegepas word in hul lewe. ’n Persoon moet respek kan afdwing deur sy optrede en dade - en nie besope in die strate rondstrompel nie.

Ons het per slot van sake kinders wat ons grootmaak, en dit moet ons doen na die beste van ons vermoëns, deur hulle nie bloot te stel aan die euwels van ons samelewing nie.

Ten spyte van al hierdie negatiewe dinge, is ons dorp nog die mooiste in die wêreld, is ons mense nog die vriendelikste en ek verruil die Paarl vir geen ander plek ter wêreld nie.

Ek moet dankie sê aan dié wat nog visie in die lewe het, en wat nog glo aan opvoeding op die regte manier. Moenie bang wees om op te staan vir die regte dinge nie.Mario Matthews




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za