Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Erfenis bly maar die belangrikste

Erfenis bly maar die belangrikste
 
2009-02-12


IN sy brief (Paarl Post 5 Februarie) deel mnr Griffon Pheiffer wilde klappe uit na die Drakenstein Erfenisstigting.

Dit help egter nie om die boodskapper te skiet of te kla dat die boodskappers te min in getal is nie.

Ofskoon die Stigting meer as 100 lede in die Drakenstein gebied het en ook talle lede oor die land het (onder andere prominente persone wat met erfenis te doen het), gaan dit eerder oor hoe goed ons toesien dat die Erfeniswet (nommer 25) en ander omgewingswette in ons mooi omgewing nagekom word wanneer aan geboue verander of gewerk word en die kulturele landskap moontlik verander gaan word.

Die Paarl is ’n wêreldbekende juweel en baie mense hou ons dop en put inspirasie uit die wyse waarop ons erfenis hier beskerm word.

Oor die langtermyn wen erfenis altyd.

Die oplossing is nie om werkskepping en vooruitgang teen erfenis af te speel nie.

Ons erfenis is ’n bate wat verantwoordelik en deursigtig bestuur en benut moet word volgens die prosesse wat in die wette van die land omskryf word.

Indien ’n mens nie daarvoor kans sien nie, help dit nie om te kla oor die persone wat die omgewing wil bewaar nie.

Dit gebeur dikwels dat iemand wat aanvanklik ’n probleem gehad het met die Stigting later aanklop vir hulp as sy eie omgewing bedreig word.

Wat die Waterfront-ontwikkeling in die Paarl betref, is die Stigting nie die enigste organisasie wat daarteen gekant is nie.

Dit is laat in die dag as stadsvaders bereid is om die oop ruimtes op te offer waar lede van die gemeenskap ontspan.

Wim Gericke Voorsitter Drakenstein Erfenisstigting




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za