Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bring jou kant om kankerlyers te help

Bring jou kant om kankerlyers te help
 
2005-08-04


HELP ons om kanker te bestry en lewens te red. Dit is die boodskap van die Kankerver-eniging van Suid-Afrika (Kansa) wat vrywilligers vra om deel te word van hulle “Champions 4 Cansa”-veldtog tydens Kankervoorkomingsweek van 1 tot 7 Augustus.

“’n Kankerdiagnose is nie ’n doodsvonnis nie, maar die begin van ’n nuwe lewenswyse,” sê Kansa se Hoof Uitvoerende Bestuurder, Niamaat Gamildien.

Tree met jou naaste Kansa-kantoor (876-2589) in verbinding om vas te stel hoe jy kan help om mense met kanker te ondersteun.

Vir advies of inligting oor kanker en Kansa-dienste; om ’n donasie te maak; of om deel te word van die “Champions”-veldtog, skakel die tolvry Inligtingsdiens by 0800 22 66 22; besoek www.cansa.org.za.

* Kansa bied môre van 09:00 tot 14:00 ’n gesondheidsdag aan in die Pick ’n Pay-sentrum in die Paarl.

Kom leer meer oor die voorkoming en vroeë opsporing van kanker.
Meer inligting sal verskaf word oor dieet en kanker, velkanker, gesondheidsrisiko’s van tabak, vrouegesondheid (bors/serviks) en mansgesondheid (prostaat/testikulêr).



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za