Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sterilisasie: gratis, vinnig en veilig

Sterilisasie: gratis, vinnig en veilig
 
2005-08-04


STERILISASIEWEEK is onlangs gevier en by die TC Newman daghospitaal in die Paarl geskied vrywillige, gratis sterilisasie elke Vrydag vir vrouens, en vir mans die laaste Vrydag van die maand.

“Vrywillige sterilisasie is ’n positiewe stap wat geneem word deur verantwoordelike mans en vroue wat beheer van hul lewens wil neem en hulself en hul families wil ophef.

Wanneer ’n man of vrou dus soveel kinders het as wat hulle wil hê, dan kan sterilisasie oorweeg word,” sê Carla Johnson, nasionale organiseerder van die Vereniging vir Vrywillige Sterilisasie van Suid- Afrika (AVSSA).

Dié vorm van geboortebeperking is ’n gratis, vinnige, veilige en maklike prosedure wat 15 tot 20 minute neem en kan in die meeste staatshospitale en sommige gemeenskapsgesondheidsentrums gedoen word.

Geen-skalpel vasektomie (manlike sterilisasie) is gewild onder mans, want lokale verdowing word gebruik en hulle kan alweer die volgende dag terugkeer werk toe.

Verder behels dit dat die buisies wat naby aan die vel aan die buitekant van die skrotum lê, gehaak en toegebind word.

Vir vroulike sterilisasie word algemene verdowing gebruik en sleutelgat-chirurgie.

Sterilisasie kan nie honderd persent gewaarborg word nie maar dis die naaste wat mens daaraan sal kom en moet gesien word as permanent en onomkeerbaar.

Hoewel mans en vroue se pypies maklik gesny en toegemaak kan word, kan dit nie weer so maklik gelas word nie. Dit kan egter deur mikro-chirurgie ongedaan gemaak word.

“Waarop dit neerkom, is dat jy die regte persoon, op die regte tyd, vir die regte rede moet wees,” aldus Johnson.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za