Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarlvallei se eerste Astro-hokkiebaan word in styl ingewy

Paarlvallei se eerste Astro-hokkiebaan word in styl ingewy
 
2009-02-12


DIE eerste Astro-hokkiebaan in die Paarlvallei is so pas voltooi op die skoolterrein van Hoërskool Gimnasium en word binnekort in styl ingewy.

Op 20 Februarie word daar twee wedstryde gespeel teen die Argentynse klub, Champagnat.

Gimnasium se o.18 A-meisiespan sal die openingswedstryd speel om 15:00 terwyl die Boland vroue A-span die hoofwedstryd sal speel om 17:00.

Volgens Marzanne van Lill, voormalige president van Boland Hokkie, is dit ’n “fantastiese geleentheid vir die skool en ’n groot eer vir die Boland Hokkie Unie om Champagnat in die Boland te onthaal en die baan op so ’n wyse te open.

“Dus wil ons graag die publiek nooi om hierdie geleentheid by te woon en die plaaslike spanne te ondersteun.

“Ons wil ook van die geleentheid gebruik maak om Hoërskool Gimnasium te bedank vir die gebruik van die fasiliteite,” sę Van Lill.

“Ons wens ook Champagnat sterkte toe met hul toer van drie weke in die Kaap en Port Elizabeth omgewing.”




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za