Hugenote se swemmers presteer
2009-02-12
VERSKEIE blink vertonings is gelewer tydens Hugenote Hoërskool se interhuis-gala wat op Dinsdag 3 Februarie plaasgevind het. Dit was veral David van der Merwe en Hanré van der Vyver wat die oog gevang het met puik vertonings. David het in ses items koning gekraai waarvan hy twee, die 50m en 100m borsslag vir seuns 16 jaar, in nuwe rekordtye afgelê het. David is ook welverdiend as die Victor Ludorum aangewys. Hanré het die titel as Victrix Ludorum verwerf met ’n pragtige vertoning van veelsydigheid. As 14-jarige swemmer het sy agt items gewen, wat vier items in die dogters ope-kategorie ingesluit het. Hier het sy afgereken met veel ouer swemmers.
More
News
|