Musiek-oudisies by Breytenbach-sentrum
2009-02-12
IN Wellington kry belangstellendes wat graag musiekinstrumente soos kitaar en klawerbord wil leer speel, nou ook die geleentheid om klasse te kry. Oudisies word tans by die Breytenbach-sentrum deur Making more Music aangebied. Klasse sal in Maart-maand begin. Dit is ’n inisiatief van Children of Paarl, ’n projek wat deur die Holland Child Care Centre hanteer word. Vir meer inligting skakel vir Morné by 072 229 7423.
More
News
|